Local sport

Seuns van Nelspruit Stoeiklub presteer by SA Jeug Stoeikampionskappe

Hulle het brons, silwer en goue medaljes gewen.

Vier lede van Nelspruit Stoeiklub het agt medaljes by die SA Jeug Stoeikampioenskappe gewen.

Hulle is by die Mpumalanga Stoeikampioenskappe, wat vroeër plaasgevind het, vir die Pumas-span gekies.

Die nasionale kampioenskappe het vanaf 6 tot 8 Oktober by die Coertzenburgsentrum in Stellenbosch plaasgevind.

Samuel Odendaal (15 jaar; onder 51 kg) het ‘n silwer medalje in die Grieks-Romeinse styl en ‘n brons in vrystyl gewen.

Louis Odendaal (13 jaar; onder 34 kg) het ‘n silwer medalje in die Grieks-Romeinse styl en ‘n goud in vrystyl gewen.

Matthias Odendaal (11 jaar; onder 34 kg) het ‘n brons medalje in vrystyl losgestoei.

Jaden Deysel (13 jaar) behaal ‘n silwer in die glyskaalgroepe vir vrystyl, ‘n goud in die Grieks-Romeinse styl en ‘n goue medalje in vrystyl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

markkinnear

Mark Kinnear is based in Mbombela and has 33 years’ experience in journalism, mainly on the sports beat. He has made his career in community media and has extreme passion for covering a wide variety of sports events.
Back to top button