Pret by Hervormde Kerk Lydenburg se gholfdag
Gholfers wys hul staal op baan om fondse vir kerk te genereer.
Die Nederduitsch Hervormde Kerk se jaarlikse gholfdag het op Saterdag 26 November plaasgevind. Dit was ’n pragtige dag en daar is ’n stewige bedrag ingesamel. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van al die borge en skenkers nie. Elkeen se bydrae, hoe groot of klein ook al, word opreg waardeer.
Die Lydenburg Gholfklub en die personeel word bedank vir die hulp en ondersteuning om ’n sukses van die byeenkoms te
maak. Die baan was soos gewoonlik in ’n uitstekende toestand. Tydens die prysuitdeling is daar ’n veiling deur Nico Cross aangebied en ’n spesiale woord van dank aan elkeen wat so vrygewig bygedra het. Daar was ook pryse vir die naaste aan die merk wat deur Charlie Rothman gewen is, en naaste aan die pen vir twee was Lourens Volschenk.
Die wenspan was Christiaan Willemse en Andries Nel. In die tweede plek was die span van Tobie en Eileen Horak en derde was Thys Cronje en Jaco van Rooyen.
Die Hervormde Kerk bedank weer almal se ondersteuning en deelname om van hierdie dag ’n groot sukses te maak.












