Gevegkuns van hoë standaard in Lydenburg
Ring Contact Fight Art (RCFA)-kampioenskappe lok dertien klubs.
Die eerste van ses Ring Contact Fighting Art (RCFA) -kampioenskappe het op 25 Februarie op Lydenburg plaasgevind.
Dertien klubs van regoor die land het deelgeneem.
Elf van die studente het provinsiale kleure verwerf. Hulle het ook deurgedring na die Jungle War IX-kampioenskappe op 15 April. Dit bring hierdie atlete ook in aanmerking om in Augustus vir die World Karate Active-Do-wêreldkampioenskappe in Barnley, Engeland, te kwalifiseer.
Lees ook: Loskop Rugbyklub se spelers wen die Bernard McGee-trofee
Die twee Lydenburg-studente wat provinsiale kleure verwerf het, is Isak (semi-kontak) en Shiriya Beytell (reeks).
“Dit was weer eens ‘n uitstekende dag, en vir die eerste van ses toernooie van die jaar, gaan ons net groter en beter vir die sport gaan,” het shihan Gerhard Laubsher, die RCFA se nasionale president, gesê.
Die dag het gevegte in die millenniumafdeling, volkontakafdeling, laeskopafdeling en ook wapengevegte ingesluit.
Volgens Johan Beytell, ‘n Lydenburg-instrukteur, was die standaard van die deelnemers van hoë gehalte. Hy sê elke student wat aan die RCFA deelneem, leer om hulself te verdedig en koördinasie te verbeter. Dit toets ook die studente se fiksheid, balans en selfvertroue. Die klub bedank Hyundai Lydenburg wat hul perseel beskikbaar gestel het.
