Local sport

Laerskool Lydenburg se netbalspanne maak geskiedenis

Netbalspanne die beste in provinsie in hul ouderdomsgroep.

Nadat die o. 12A’s en o.13 A’s van Laerskool Lydenburg is onlangs aangewys as die Mpumalanga-kampioene tydens die provinsiale kampioenskappe by Laerskool Bergland.

Hulle het deurgedring na die Nasionale Laerskool-netbalkampioenskappe wat op 9 en 10 Augustus by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg plaasgevind het. Daar het die o.12A’s agtste plek verwerf en die o. 13 A’s ’n 16de plek.

Die afrigters vir die o. 12A-span was Helloise Oosthuizen en Monique Steyn. Anri Kleynhans het die o. 13-span afgerig. Marizel Niemann is aangewys is as die speler van die wedstryd in die o. 13A finaal.

Die skoolhoof, Cornelius Lemmer, het die spanne langs die baan aangemoedig en ook die ouers en personeel bedank wat bankvas agter die spelers gestaan het.
Helloise Oosthuizen (afrigter) McKayla Vorster, Linka Winterbach, Elizabeth du Toit , Mabatho Ngomane, Remofilwe Gaolaolwe, Kayla Honeyborne, Marlie Verster, Chandré Stander en Monique Steyn (afrigter). Die o. 12A’s was eerste in die provinsie.
Olerato Hlongwane, Irene Verster, Mpilenthle Mnisi, Jani van Wyk, Lungile Mokwena, Marizel Nieman, Tylo Bouwer Kemp, Danielle van Rooyen en Anri Kleynhans (afrigter). Die o. 13A’s was eerste in die provinsie.
Lees ook: Hierdie Laevelder is ‘n pure Pumas-ondersteuner
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button