Swys de Bruin kuier by die Nellies se voorseisoenkliniek
Hulle het hul tyd en rugbykennis op die Nellies se tuisveld met die seuns gedeel.
Die Emirates Lions se voormalige hoofafrigter en voormalige Springbok-aanvalsafrigter, Swys de Bruin, en sy afrigtingspan van die Call-Up Camp het Saterdag ‘n voorseisoenkliniek vir Laerskool Nelspruit aangebied.
“Ons is bevoorreg om sulke toegewyde individue by die Nellies te kon hê, wat nie net passie vir rugby het nie, maar ook bereid is om hul ervaring met ander te deel. Ons glo en vertrou dat die kliniek ‘n waardevolle impak op ons Nellie Leeus in die komende seisoen gaan lewer,” het Jaco Breyl, die skool se sporthoof, gesê.
“‘n Spesiale woord van dank ook aan Shaun van Rooyen vir sy ongelooflike bydrae en die inspirasie wat hy aan ons leerders gebring het met behulp van die Call-Up Camp-rugbykliniek.”
Sven Musica het die hele dag se kliniek op video vasgelê, sodat die laerskool die kennis van die afgelope naweek met toekomstige Nellie-afrigters kan deel.
