Local sport

Nellie-guts lewer naelbytoorwinning vir Rhinos-eerstes in Mbombela

NHS se eerste span het met passie en trots gespeel, en 'n eenpuntoorwinning behaal.

Die SDC Noordvaal-beker het ná die skoolvakansie op Saterdag 20 Julie hervat met NHS wat tuiswedstryde teen Hoërskool Garsfontein gespeel het.

Dit was ‘n warm wintersdag in die Laeveld, en die plaaslike span het dit ook nie maklik gemaak vir die besoekers nie. Daar is tawwe rugby gespeel en die opwinding onder die ondersteuners was tasbaar.

Die hoogtepunt van die dag was die Rhinos- eerste span se wedstryd. Die tuisspan het vir groot opwinding gesorg toe hulle die Bere met net een punt gewen het, 30-29. Theuns Meyer (losskakel) het uitstekend met sy skopwerk gedoen en het die Rhinos teen halftyd in ‘n stewige posisie geplaas.

LEES OOK: Benji runs straight into the record books ahead of Paris Olympics

Die wedstryd was aksiebelaaid, en altesaam vyf drieë is gedruk. Met goeie verdediging kon die Rhinos daarin slaag om die Bere te stuit.

Toe die eindfluitjie blaas het die ondersteuners op die veld uitgehardloop om die Rhinos te omhels. Nog ‘n spanningsvolle wedstryd was dié van die o. 16C-span, wat gewen het met ‘n naelbyttelling van 10-7.

Die volgende wedstryde vind Saterdag 20 Julie tuis teen Hoërskool Monument plaas. Die Rhinos sal hierdie momentum graag wil behou en werk hard vir nog ‘n oorwinning.

Uitslae:
• O. 14A: 6-19
• O. 14B: 3-71
• O. 14C: 0-15
• O. 15A: 8-33
• O. 15B: 0-43
• O. 15C: 10-26
• O. 16A: 17-32
• O. 16B: 7-17
• O. 16C: 10-7
• 3des: 7-29
• 2des: 7-64
• 1stes: 30-29.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

markkinnear

Mark Kinnear is based in Mbombela and has 33 years’ experience in journalism, mainly on the sports beat. He has made his career in community media and has extreme passion for covering a wide variety of sports events.
Back to top button