Mpumalanga se bestes betree die mat
Die stoei was van uitstaande gehalte toe Mpumalanga se topstoeiers onder mekaar ingeklim het.
Nelspruit Stoeiklub het op 29 Augustus met trots die vierde Pumatjies-toernooi en MSV-ouderdomskampioenskappe aangebied.
Dié toernooi by Church Unlimited het stoeiers, afrigters, beamptes en ondersteuners vanoor Mpumalanga byeengebring vir ‘n dag van uitstaande kompetisie en sportmangees.
Dit het nie net aan jong stoeiers die geleentheid gebied om hul talent, deursettingsvermoë en harde werk ten toon te stel nie, maar het ook as ‘n belangrike keuringsgeleentheid gedien vir atlete wat Mpumalanga wil verteenwoordig tydens die SA Jeug Vrystyl- en Presidentskampioenskappe op 2 en 3 Oktober.
Die standaard van stoei was deurgaans van hoogstaande gehalte en het die groei van die sport in Mpumalanga, sowel as die toewyding van stoeiers, afrigters en beamptes, duidelik weerspieël.
‘n Toernooi van hierdie omvang is slegs moontlik danksy die samewerking en harde werk van baie partye.
Nelspruit Stoeiklub spreek hul opregte dank en waardering uit teenoor elke stoeier, afrigter, skeidsregter, beampte, vrywilliger, ouer, borg en ondersteuner wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.
Die uitslae van die Nelspruit Stoeiklublede is:
• Vrystyl Presidenteskole
3de – Piet Schabort
4de – Josua Terblanche
1ste – Hugo Van Coller
4de – Lomar Breet
3de – Joel Adams
3de – Leendert Joubert
3de – Sebastian Luckhoff
• o. 7 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
2de – Uys Muller
3de – MC Griesel
1ste – Finn Van Coller
2de – Cilliers Terblanche
2de – Franko Coetzee
• o. 8 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
1ste – Sebastian Luckhoff
• o. 9 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
1ste – Joel Adams
3de – Malan Swart
4de – Richter Swart
1ste – Hugo van Coller
3de – Josua Terblanche
• o. 6 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
1ste – Pontaleon van Rooyen
2de – Logan Cilliers
3de – Heinrich Joubert
1ste – Daniel Adams
2de – MJ Nel
1ste – Luan Fourie
2de – Lukas Du Toit
3de – Meyer Du Toit
1ste – JR Green
• o. 10 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
2de – James Wiltshire
4de – Jaco Bekker
3de – Christiaan Koekemoer
4de – Benjamin Brand
1ste – Lehan Luckhoff
• o. 11 Vrystyl (in verskeie gewigsklasse)
4de – Lomar Breet
4de – Koen Koekemoer
2de – Piet Schabort
2de – Leendert Joubert
• o. 13 Vrystyl
3de – Shaun Joubert
• o. 11 Greco Roman
1ste – James Wiltshire
2de – Lomar Breet
1ste – Leendert Joubert
• o. 9 Greco Roman
1ste – Hugo van Coller
• o. 17 Greco Roman
1ste – Jaden Deysel
• Vrystyl Senior
1ste – Louis van Rooyen
Die volgende Nelspruit Stoeiklublede is gekies vir die Mpumalanga-span vir die SA Jeug Vrystyl- en Presidentskampioenskappe:
• Sion Terblanche
• Sebastian Luckhoff
• Hugo van Coller
• Joel Adams
• Joshua Terblanche
• Malan Swart
• Richter Swart
• Lehan Luckhoff
• James Wiltshire
• Leendert Joubert
• Lomar Breedt
• Piet Schabort.