Local sportSchool sportSport

Jong skaakkampioen hou die dorp se naam hoog

LYDENBURG – Plaaslike skaak kampioen, Marc Hansen (13) het onlangs by die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap in Durban die dorp se naam hoog gehou. Die oud Laerskool Lydenburg leerling het die Tshwane skaak onder 14 A-span in die nommer twee posisie verteenwoordig toe hy vier uit sewe van sy kompetisies gewen het. Die span het derde …

LYDENBURG – Plaaslike skaak kampioen, Marc Hansen (13) het onlangs by die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap in Durban die dorp se naam hoog gehou.

Die oud Laerskool Lydenburg leerling het die Tshwane skaak onder 14 A-span in die nommer twee posisie verteenwoordig toe hy vier uit sewe van sy kompetisies gewen het. Die span het derde in die kampioenskap-liga, die hoogste liga wat gespeel kan word, geeïndig.

Die toernooi het vanaf 15 tot 21 Desember 2013 plaasgevind en het 2100 spelers van 220 spanne landswyd aangebied.

Durban het vir die eerste keer in 11 jaar sedert die toernooi se bestaan die skaakkampioenskappe aangebied. Daar is berig dat die toernooi die grootste binnenshuise sport gebeurtenis was wat nog ooit in Durban gehou is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button