Span haal derde plek in toernooi
Die Mpumalanga-onderwaterhokkiespan het die afgelope naweek derde in Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Toernooi wat in Stellenbosch plaasgevind het, geëindig.

Ses van die spelers is van Hoërskool Nelspruit.
Die toernooi is deur Boland by die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Ongeveer 28 spanne vanaf die Wes-Kaap, Boland, Kwa-Zulu Natal, Noordwes, Potchefstroom, Gauteng, Noord-Gauteng en Mpumalanga het deelgeneem.
“Ons het in ‘n taai B-liga deelgeneem waar ons daarin geslaag het om ‘n plek op die podium te behaal. Ek is baie trots op die span en sien reeds na volgende jaar se kompetisie uit waar ons graag die goud huis toe wil bring,” het Charl Naudé van die Laeveld Onderwaterhokkie Ontwikkeling gesê.
Hierdie sport is nie een van die maklikstes om te beoefen nie – atlete moet ‘n goeie temperament hê en in staat wees om hul asems vir lang tye te hou.
Dié wat aan ‘n driedimensionele sport wat jou uithouvermoëns tot op die uiterste toets wil deelneem, kan gerus deel van die span word.
Navrae: Charl Naudé by 082-806-7885.
