Stokke swaai ten bate van kleuters
Toddle Tots se gholfdag, wat jaarliks vir fondsinsameling vir die skool gehou word, het op Saterdag 22 Maart plaasgevind.
Toddle Tots se gholfdag, wat jaarliks vir fondsinsameling vir die skool gehou word, het op Saterdag 22 Maart plaasgevind.
Dit was ‘n heerlike sonnige dag en die atmosfeer was baie vrolik in die klubhuis en op die baan.
Soos gewoonlik was die klub met kleurvolle “kunswerke” van die kleutertjies versier en die ouers kon rondstap en hul kinders se talent bewonder.
Die spel is in beterbal-formaat gespeel en Jaco Botha en Meyer Horn was uiteindelik die wenners.
Everhardt van der Westhuizen en Burt Meyer was in die tweede plek, terwyl Tarryn Coetsee en Candice Delport die derde plek behaal het met hul spel. Naaste aan die penne op putjie 5 was Jean-Marie Wilken en Jaco Botha op putjie 18. Ruan Steyn het op putjie 9 en Louis van Oudtshoorn op nommer 10 hul swaai beboorlik geken deur die verste drywe te behaal.
Nadia Goncalves, hoof van die skool het elke ouer wat betrokke was met die reëlings en voorbereidings, hartlik bedank.
Sy het ook haar dank aan die borge betoon, waarsonder die geleentheid nie sou kon plaasvind nie.
Al die bydraes het die skool in staat gestel om tot dusver soveel sukses te kon behaal. Sy het ook laastens ‘n woordjie van waardering aan haar puik span onderwysers wat so hard gewerk het, uitgespreek.
