Netbalspan 7de in land
Die o/12 A-netbalspan van Laerskool Witrivier het onlangs 'n sewende plek in die SA Skole Netbalkampioenskappe behaal.
Die o/12 A-netbalspan van Laerskool Witrivier het onlangs ‘n sewende plek in die SA Skole Netbalkampioenskappe behaal.
Die Mpumalanga-ligawenners het op 26 Julie by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg teen 20 spanne van die beste skole regoor die land deelgeneem.
Die spelers het hulle harte uitgespeel om bo-aan hulle poel te eindig, maar het in die kwarteindstryd teen ‘n sterk span van Durbanville vasgeval.
Uit omtrent 18 000 skole wat aan die liga deelgeneem het is hierdie prestasie uitsonderlik.
Die skool wil graag die ouers bedank wat saam met die span die koue weer trotseer en hulle ondersteun het. Hulle het ook groot waardering vir die borge.
Laerskool Witrivier is trots op elke speler wat haar so goed gedra en haar beste gegee het.
