NHS krieket goed op dreef
Vier van Nelspruit Hoërskool se krieketspanne het die afgelope week oorwinnings behaal.

Die derdespan het met 7 paaltjies teen Curro afgereken. PW Botha het 59 lopies van 43 balle gemoker en Le Roux Groenewald het in 4 beurte 16 lopies afgestaan en een paaltjie geneem.
Groningan Grobler het ook geskitter en daarin geslaag om in 4 boulbeurte 17 lopies af te staan en een paaltjie te neem. Die vierde span het met 70 lopies teen Valencia geseëvier.
Arno Kock is as die beste kolwer en Damian Pruis as die beste bouler aangewys. Die 0/14A’s het hul seniors se voorbeeld gevolg en met 10 paaltjies teen Lowveld High gewen, nadat dié span slegs 41 lopies kon aanteken.
Die 0/15A’s het ‘n oortuigende oorwinning van 193 lopies teen Uplands behaal.
Hulle het 318 lopies vir 9 paaltjies aangeteken. Jon Hinrichsen het vyf paaltjies vir 35 lopies in 10 beurte afgestaan en Reinhardt Roets het 59 lopies aangeteken.
