School sportSport

Plaaslike spanne neem voortou

Die Impalas en LVCC het die afgelope naweek hulself teen dié spanne in naelbytwedstryde opgemeet wat deel vorm van die interstreekse uitspeelrondes.

Die Ehlanzeni-premierliga is nou iets van die verlede, en nou dat die twee top-Laeveldse krieketklubs aangewys is, meet hulle kragte teen die voorlopers van die Hoëveld.

Die Impalas en LVCC het die afgelope naweek hulself teen dié spanne in naelbytwedstryde opgemeet wat deel vorm van die interstreekse uitspeelrondes.

Eersgenoemde het Saterdag hul eerste wedstryd op ‘n hoë noot afgeskop toe hulle met SACE op Lowveld High School se veld afgereken het.

Hulle het na ‘n effense geswoeg al die paaltjies op 166 lopies laat kantel. Tydens hul kolfbeurt het die tuisspan 170 aangeteken en die wedstryd met drie paaltjies gewen. Impala-kaptein Alwyn Viljoen, is kort voor sy honderdtal vir 81 lopies uitgehaal.

LVCC het die Bulldogs in Witbank gaan besoek en keer toe huis toe met ‘n oortuigende wen van 68 lopies. In ander Impala-nuus: Dié span het onlangs R30 000 aan Lowveld High geborg om hulle vir hul ondersteuning die afgelope 10 jaar asook die gebruik van hul fasiliteite te bedank.

Die fondse sal aangewend word om oefennette, sigskerms en speelveld-opgraderings by Lowveld High te doen. Hierdeur trek beide voordeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button