School sportSport

Moeilike stryd teen Merensky help met voorbereidings vir liga

Die jaarlikse vriendskaplike wintersport-wedstryde teen dié puik skool van Tzaneen was weereens 'n gulde geleentheid vir afrigters om die laaste skuiwe aan spanne te maak voor die liga begin.

Die son het Saterdag ekstra skop aan die moeilike wedstryde tussen hoërskole Rob Ferreira en Merensky op eersgenoemde se tuisveld gegee.

Die netbalspanne het die beste uit die stryd getree, met vier uit die sewe spanne wat hul wedstryde in hul guns beklink het. Die o/16 A’s het met 20-6 die veld oorheers, die o/16 B’s het 18-1 gewen, o/14 A’s het ‘n telling van 15-10 en die o/14 B’s een van 7-6 behaal.

Nie een van die hokkiespanne kon daarin slaag om Merensky te klop nie, maar daar was ‘n paar wedstryde wat hokkietoeskouers op die punte van hul stoele gehad het.

Die Robbies-rugbyspanne het egter beter gevaar, met die tweede span wat Merensky 33-0 geklop het en die o/15 A’s wat 10-0 gewen het. Die eerste span het hard geveg, met ‘n paar vinnige manne wat mooi voetwerk uitgevoer het. Toeskouers het ook luidkeels die spanne aangemoedig, met heelwat van die netbal- en hokkiespelers wat hul vriende kom ondersteun het. Ten spyte van ‘n paar mooi drieë, het hul met een punt verloor toe die eindfluitjie op ‘n telling van 21-22 geblaas is.

Die afrigters sê hierdie wedstryde help hulle om te sien waar spelers die beste benut kan word en bou goeie spangees.

Daar was ook ‘n goeie gees van sportmanskap tussen die twee skole, ondanks die feit dat hulle so ver van mekaar geleë is en die leerlinge min met mekaar te doen kry.

Die sportkalender gaan van volgende week af propvol wees, met die netbalspelers wat van 5 Mei af aan kringwedstryde gaan deelneem en die rugby- en hokkiespelers wat op 9 Mei teen Hoërskool Lydenburg gaan speel.

Sien foto’s van die hokkie, rugby en netbal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button