School sportSport

Robbies kou klippe tydens Mpumalanga-uitspele

Honderde hokkie- en rugbyspelers van regoor die provinsie het op 13 Junie hul staal op Hoërskool Rob Ferreira se velde gewys om as Mpumalanga-kampioene gekroon te word.

Dit was egter glad nie ‘n maklike stryd nie en slegs die Robbies se o/15-rugbyspan kon die septer swaai toe hulle Standerton met 10-7 verslaan het.

Die o/14-rugbyspelers het gelykop teen Standerton gespeel, maar die o/16’s se tweede en eerste spanne het ‘n opdraande stryd teen hul onderskeie teenstanders gehad.

Die eerste span se wedstryd het die Robbies op die punte van hul stoele gehad, soos Hoërskool Volksrust se spelers keer op keer soos blits met die bal doellyn toe genael het. Die Robbies het egter nie tou opgegooi nie en verdedig vir al wat hulle werd is. Hulle moes egter met ‘n telling van 8-79 tevrede wees.

Die o/16-hokkiespan kon ook nie die mas opkom nie, maar die eerstes was in ‘n naelbytstryd met Hoërskool Nelspruit gewikkel en het gelykop geëindig. Hulle het egter, ten spyte van vurige verdediging en luide ondersteuning van die pawiljoen, hul tweede wedstryd teen HTS Middelburg 2-1 verloor.

Die skool se netbalspelers wat op 20 Junie in Witbank hul uitspeelwedstryde gehad het, het egter skitterende vertonings gelewer.

Die Robbies se o/14-netbalspelers spog met silwermedaljes as Mpumalanga-naaswenners en die o/15’s is Mpumalanga-wenners in die A2-liga. Die o/16’s is ook as provinsiale wenners aangewys, terwyl die eerstes derde in die provinsie geëindig het.

Kyk na foto’s van die Eerstespan-rugbyspelers se wedstryd hier en die Eerstespan-hokkiemeisies s’n hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button