School sportSport

De Goede Top 10 toets skaakspelers se vernuf

Die room van die Laeveld se skaakspelers het Saterdag in die Gereformeerde Kerk in Witrivier 'n taai psigiese stryd tydens die De Goede Top-10 op die bord geveg.

Dié uitnodigingstoernooi bied ‘n platform vir van die dorp se topspelers om moontlik tot die Ehlanzeni Skaak Federasie-span gekies te word wat vroeg in Januarie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad gaan deelneem.

“Die federasie vergader volgende week om die onderskeie spanne te finaliseer. Die punte wat spelers op drie toernooie – die ABC-, ‘n ouderdoms- en dan die De Goede-toernooi bymekaargemaak het, sal bepaal of hulle die span haal,” sê die sekretaris, Karen Taljaard.

Hoërskool Nelspruit se Johan Valks het met 4½ die topposisie in die o/18-afdeling verower en sy Bucholtz-punt (word gebruik om die speler wat teen ‘n beter opponent gespeel het te bevoordeel) was 12½.

Hoërskool Sybrand van Niekerk in Sabie se Alexander Maartens het die o/16-afdeling met vyf punte gewen en ‘n BH-punt van 16 gekry.

Suné du Preez (o/12) het weereens nie teleurgestel nie. Dié leerder van Laerskool Lydenburg het haar 28 teëstanders van die bord afgespeel en met vyf punte die eerste plek beklee. Haar BH-punt was 16.

Veral Laerskool Bergland se o/8’s, Zander Grobler, Dian van Aarde en Arthur Paquet het goed gevaar en was onder die beste vyf.

“Elke wedstryd was moeilik en al die spelers het hul beste gegee om te wen. Jy kon op die leerders se gesigte sien dat hulle gespanne was.” Die finale spanne sal tot en met die kampioenskappe verskeie oefenkampe bywoon om hul spel nog meer op te skerp.

De Goede Top-10 – top-5 in elke kategorie

O/8

1. Prabha Sopanam Arjum

1. Zander Grobler – Bergland

3. Michael van Heerden – Laeveld

4. Dian van Aarde – Bergland

5. Arthur Paquet – Bergland

O/10

1. Deckan Nkosi – Msogwaba Primary

2. Liam Pringle – Bergland

3. Joshua van Heerden – Laeveld

4. Asinobi Ogunjiofor – Curro Nelspruit

5. Alex Smit – Lydenburg

O/12

1. Suné du Preez – Lydenburg

2. Zuan Taljaard – Curro

3. Gift Onwusaka – Curro

4. Bhila Lindokuhle

5. Eugene Lourens – Nelspruit

O/14

1. Banele Mhango – Mbokodo

2. Samkelo Mndawe – Sitintile

3. Kyle Macdonald – Bergland

4. Juandre Geringer – Witrivier

5. Charles Janson – Malelane

O/16

1. Alexander Maartens – Sybrand van Niekerk

2. Adolph Nkosi – E J Singwane Secondary School

3. Mpumelelo Mohlala – Curro

4. André de Kock

5. Thobeka Thwala – Meredian Karino

O/18

1. Johan Valks – NHS

2. Daniel Ukpe – Bergvlam

3. Jacques Lombard – Sybrand van Niekerk

4. Abraham Visser

5. Nobuhle Mkhomazi.

Vir foto’s van die toernooi, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button