FeaturesInterhigh 2016: NewsInterhigh newsLifestyleSchool sportSport

LHS maak reg vir Interhoër

Hoërskool Lydenburg (LHS) bied vanjaar die Interhoër op eie bodem aan.

Die skool wil nou al die gemeenskap bewus maak van die groot geleentheid op Saterdag 20 Februarie 2016.

Daar is sewe skole wat gaan deelneem en ongeveer 1 990 toeskouers, 3 500 sangers en ongeveer 1 400 atlete sal op die dag op die dorp toesak. Dit beteken natuurlik dat die dorp finansieel daarby sal baat.

“Ons wil graag die gemeenskap nou al uitnooi om deel te vorm van die geleentheid. LHS het verlede jaar baie goed tydens die interhoër in Mbombela gedoen,” verduidelik Bianca Wirths die sport- en bemarkings-verteenwoordiger van dié skool.

Sy sê dat hulle graag ‘n spogbyeenkoms wil aanbied. “Ons wil graag diegene wat die skool so lankal ondersteun en dra, die eerste geleenheid gee om hulle besigheid so sigbaar moontlik te maak.

Daarom bied LHS ‘n bemarkingspunt op elke punt van die veld.”

Al die kerke in die dorp is reeds betrokke en gaan kos op die betrokke dag voorsien. Ons het selfs halaalgeregte wat ook voorberei gaan word. Ons wil dus regtig die hele gemeenskap betrek om ons te help. Dit is ook ‘n wonderlike bemarkingsgeleentheid. Ons is immers afhanklik van mekaar.”

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button