Onblusbare gees was ‘n ware fees
Laerskool Witrivier se gees was tops Vrydag toe elke atleet en deelnemer hulle harte uitgesing, gespring en gehardloop het.

Die skool se topatleet op die dag was Darryl Green (o/13). Hy het 957 punte op die Absapunterleer behaal vir sy 5,28 meter in verspring asook 892 punte nadat hy die 200 meter in 25,81 sekondes afgelê het. Thabiso Mateba (o/13) se 5,18 meter in die verspringput het aan hom 926 punte besorg. Sandiswa Makua (o/11) kon 1,29 meter hoogspring, wat hom 829 punte asook ‘n goue medalje in die sak gebring het. Callum van Staden (o/10) het ook goud gewen vir sy tyd van 14,22 sekondes in die 100 meter – en 815 punte. Christiaan Gates (o/13) kon 802 punte behaal in hoogspring met ‘n hoogte van 1,43 meter.
Hoof van Laerskool Witrivier, mnr. Frannie van der Riet
Namens Laerskool Witrivier wil ons graag die gasheerskool, Laerskool Nelspruit vir ‘n uitnemende byeenkoms gelukwens. Witrivier salueer die personeel, hoof, leerders en ouers van Nellies vir hulle gasvryheid. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir nóg ‘n wonderlike interlaer. Welgedaan Nellies!



























































