Laeveldse jong skuts maak doodseker dat elke skoot tel
Die o/16-skut van Hoërskool Bergvlam, Petri Visagie, het tydens die Prysskiet 1, wat by Vlammies aangebied is, 'n eerste plek in die sporter-afdeling verower met 1 351 punte.

Sy spanmaat, Stephanie van der Merwe, het in die vere-afdeling ook ‘n eerste plek losgeskiet met 1 050 punte.
Hoërskole Rob Ferreria en Curro Nelspruit College was van die ander deelnemende skole.
Prysskiet 2 begin volgende week Donderdag by Hoërskool Rob Ferreria.
Dit dien ook as interprovinsiale proewe.
Die volgende Vlammies het ook goed gevaar:
Sporter (o/21)
• Leoné Pretorius: 3de, 1 319
• Franco Schutte: 4de, 1 285
• Janica Viljoen: 5de, 1 284
Sporter (o/16)
• Petri Visagie: 1ste, 1 351
• Jacques Louis Pretorius: 3de, 1 226
• Stephan Roodt: 7de, 1 183
Sporter (o/14)
• Johnny Moore: 2de, 1 060
• Estiaan Maritz: 4de, 1 015
• Marcele Dreyer: 5de, 1 007
Vere
• Stephanie van der Merwe: 1ste, 1 050
• Rentia Tolmay: 2de, 833
Pistool
• Keke Makubela: 696
• Darno le Roux: 632
• Martin Ainslee: 550
