School sportSport

Spoedvraat verras sy pa met sy spesiale talent

Die bloedjonk spoedvraat, Ashaan Sebastian Greaver hoop om voor sy 18de verjaarsdag, Usain Bolt se rekord van 9,58 wat hy in 2009 in die 100m opgestel het, te breek.

Die 13-jarige se persoonlike beste (PB) tyd in dié item, is 11,8. Lowveld High School se Norbert Ponisammy (o/19) het tydens die Mediclinic Nelspruit Interhoër ‘n 10,54 gehardloop. Die laaste o/19-atleet oor die wenstreep se tyd was 11,54.

Tydens Laerskool Laeveld se interhuisatletiekbyeenkoms op Maandag 18 Januarie, het Ashaan die 200m in 26,78 gehardloop, die 200m-hekkies in 29,56 en die 100m in 12,21. “Joh! Dis sleg. Ek het sedert verlede jaar Augustus vir die atletiekseisoen voorberei en na afloop van die seisoen kan ek nie glo hoe my tye verbeter het nie.”

Ashaan is vir die tweede agtereenvolgende jaar by die Hi-Tech Interlaer as senior victor ludorum van die dag aangewys en het met amper al die trofeë weggestap. “Voor al my prestasies die jaar het ek al my medaljes en trofeë in ‘n boks weggepak, maar dié jaar spog al my silwerware in die huis.”

Tydens die Mpumalanga Kampioenskappe wat verlede naweek in Secunda gehou is, het hy ‘n nuwe PB in die 200m van 23,81 gehardloop wat hom ook ‘n eerste plek besorg het. ‘n Jaar later het sy tyd in die 100m met 0,55 verbeter. Alhoewel hy in vyf atletiekitems uitblink, mag hy hier in net drie items deelneem wat verspring uitsluit.

“Ashaan oefen nie verspring nie. Sy pa hou steeds ‘n 19-jaar rekord in die verspring by die Mpumalanga Kampioenskappe. Ek het voor die tyd vir Mussa gevra alhoewel Ashaan nie amptelik aan die verspringitem deelneem nie, of hy net vir die pret kan kyk of hy sy pa se rekord van 5,59m kan breek. Hulle het ingestem,” vertel sy ma, Bianca.

Ashaan het met sy eerste sprong ‘n 5,57 gespring en sy pa se rekord gemaklik met sy tweede sprong gebreek met ‘n massiewe afstand van 5,77. “Ek was in ekstase. My pa het altyd vir my gesê ek sal nooit sy rekord kan breek nie. Dit was ‘n ongelooflike gevoel gewees al word dit nie in die rekordboeke aangeteken nie.” Sy PB in die verspringput is 5,81m wat hy by die interlaer opgestel het.

Ashaan is deel van ‘n groep Laeveldatlete wat volgende naweek aan die Suid-Afrikaanse skole kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.

Gedurende verlede jaar se SA’s in Germiston, het Ashaan die 150m-hekkies in 20,69 sekondes kafgedraf, die 150m in 18,60 en die 100m in 12,35 sekondes. Hy het toe ook sy Suid-Afrikaanse kleure verower.

Skaars ‘n jaar later, met die hulp van sy afrigter, Johan Theron het sy tye geweldig verbeter.

“Ek hoop om goud in my drie items (200m-hekkies, 200- en 100m) om my nek te te hang en ‘n nuwe rekord in die 200m te hardloop. As dit nie vir die Here was nie, was ek nie nou waar ek is nie en ek weet Hy gaan my help om selfs nog meer te bereik. Dankie aan my ma, pa en tannie, Melissa Pillay wat van dag een af langs die veld staan om my te onderseun. ‘n Groot dank aan my onderwysers by die skool en veral aan my klasmaats van gr. 7S.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button