Kannetjies woed dit uit op rugbyveld
Die negende Laerskool Witrivier J&M Rugbyweek het gedurende die vakansie plaasgevind en meer as 700 spelers van 14 skole van so ver as Fochville en Pietersburg-Noord was in aksie.

“Daar was altesaam 34 spanne, die meeste wat ons nog by dié week gehad het. Ons is baie tevrede met hoe die week uitgedraai het,” het die organiseerder, Danie Hattingh gesê.
Laerskole Nelspruit, Laeveld en Nelspruit Primary was van die plaaslike skole wat deelgeneem het.
Whities se eerstes, tweedes en o/11’s het ook aan dié rugbyfees deelgeneem. Die eerstes was die eerste drie dae in vier wedstryde betrokke waar hulle in twee kragmetings baas was.
Die tweedes het ses wedstryde agter die rug, en hul grootste oorwinning, was teenoor Klipfontein waar hulle die manne 42-0 ore aangesit het.
Die o/11’s kon daarin slaag om net een van hulle drie wedstryde te wen.
Vanjaar is weer daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse Laerskole Rugby Skeidsregtersvereniging (SALRSV) tydens die week te laat optree. Hulle is kandidaatskeidsregters wat opleiding ontvang om die fluitjie tydens provinsiale wedstryde te blaas.
Melding moet ook gemaak word van die Fathers’ Ground-pa’s wat baie hard gewerk het om fondse vir die skool in te samel. “Hierdie ouers is staatmakers.
“Dankie ook aan die spelers se ouers wat die wedstryde so goed ondersteun het,” het Hattingh gesê.
Uitslae
Dinsdag
A-veld
• Witrivier 1 (WR) vs. Klipfontein (KF) 1: 10-5
• Nelspruit Primary (NPS) 1 vs. Goedehoop (GH) 1: 7-15
• WR 2 vs. KF 2: 42-0
• Laeveld 1 vs. Pietersburg-Noord (N): 5-7
B-veld
• Laeveld 2 vs. Contantiapark (CP): 5-29
• WR o/11 vs. KF o/11: 36-7
• WR 2 vs. GH 2: 18-15
Rob, B-veld
• Laeveld o/11 vs. N: 20-15
• NPS o/11 vs. GH o/11: 0-44
Woensdag
A-veld
• WR 1 vs. President Steyn (PS): 5-15
• NPS 1 vs. KF 1: 12-12
• Laeveld 1 vs. Lynnwood (LW) 1: 7-24
• NPS 1 vs. Fochville: 0-41
• WR 2 vs. N 2: 0-31
• Laeveld 1 vs. CP 1: 7-15
• Witrivier 1 vs. Van Riebeeck Park 1 (VRP): 36-10
B-veld
• Laeveld 2 vs. LW 2: 5-12
• WR 2 vs. Wonderboom 2 (WB): 5-25
• WR o/11 vs. N o/11: 12-19
• Nelspruit o/11 vs. KF o/11: 43-0
• Laeveld o/11 vs. WB o/11: 5-40
• Laeveld 2 vs. WB 2: 15-20
• NPS o/11 vs. WB o/11B: 31-12
Rob, B-veld
• NPS o/11 vs. LW o/11: 5-10
• Laeveld o/11 vs. N o/11: 17-15
Donderdag
A-veld
• WR 2 vs. Tzaneen 2 (TZ): 5-29
• NPS 1 vs. VRP 1: 14-26
• WR 1 vs. N 1: 0-35
• Laeveld 1 vs. VRP 1: 28-0
B-veld
• Laeveld 2 vs. KF 2: 34-5
• Nelspruit o/11 vs. PS: 0-12
• Laeveld o/11 vs. KF: 44-0
• WR o/11 vs. WB o/11: 0-41
• WR 2 vs. LW 2: 7-41
Rob, B-veld
• NPS o/11 vs. N: 10-24
• Nelspruit o/11 vs. LW o/11: 12-10.















































