School sportSport

Tophokkie in Potch

Laerskool Nelspruit se eerste dogtershokkiespan het die pad na Potchefstroom aangedurf om teen van die top-hokkieskole kragte te meet.

Die Champs of Champs-toernooi is deur Noordwes Hokkie aangebied. Alhoewel Nellies net een van hulle wedstryde gewen het, was dit ‘n goeie oefenlopie vir die dogters.

“Dit was vir seker die moeite werd. Dit was ‘n goed georganiseerde toernooi en die dogters het goeie sportmangees en Nellie-guts gewys,” het die afrigter, Hannelie van der Merwe gesê.

 

Lees ook: Laerskool Nelspruit het drie streekskampioene

Die span is vroeër vanjaar as die Mpumalanga-kampioene gekroon. Laevelder het Dinsdag 13 September die verkeerde afrigter aangehaal. Van der Merwe is nie van Laerskool Laeveld nie, maar is ‘n afrigter by Laerskool Nelspruit.

So het die dogters gevaar:
• Nellies 0 vs Garsfontein 1
• Nellies 0 vs Mooirivier 3
• Nellies 2 vs Jordania 1
• Nellies 0 vs Delmas 2
• Nellies verloor teen Maragon na ‘n sudden-death.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button