School sportSport

‘n Droomjaar vir Bergies se Christo

Bergland se hoofseun, Christo Nel kon die slothoofstuk van sy laerskoolloopbaan skryf.

Christo was deel van Bergland se eerste krieketspan wat vir die derde agtereenvolgende jaar, as Mpumalanga se beste gekroon is. Die eerste rugbyspan het tydens die Mpumalanga-grootskole se rugby-eindstryd ook gesorg dat die trofee nêrens heen gaan nie, waaraan Christo ook ‘n groot sê met sy skopskoen gehad het.

Lees ook: Bergies se Nel is Pumas se o/13-kaptein

Die toekomstige “skiewie” van Hoërskool Nelspruit is as Bergland se sportseun van die jaar aangewys.

In 2013 het Christo tydens Bergland se interhuis groot opspraak gemaak deur drie rekords in onderskeidelik hoogspring, verspring en 80m te verbeter.

Christo Nel.
Christo Nel.

‘n Jaar later het hy by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe ‘n bronsmedalje in die verspringput losgespring. Daardie jaar het hy ook die sportseun van die jaar-trofee verower.

Dié groentjie het verlede jaar vir die eerste keer vir die Pumas uitgedraf, en hierdie jaar is hy nie net vir die o/13- Cravenweekspan gekies nie, maar tydens ‘n opwarmingswedstryd het die spanbestuur hom ook as kaptein aangewys.

Lees ook: Drie plaaslike spanne in vandag se eindstryd

Hy is ook met die trofee vir voortreflikste leerling van die jaar beloon.

Die sportdogter van die jaar-toekenning het aan Faye Marsh gegaan.

Sy het vanjaar haar Mpumalanga-kleure in hokkie én netbal verwerf.

Faye Marsh.
Faye Marsh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button