School sportSport

Curro se hokkiejuniors kraai koning by sewestoernooi

Curro Nelspruit se junior seweshokkiespan het nie een kragmeting in die sewestoernooi verloor nie.

In die eindstryd het hulle teen Lowveld High te staan gekom en was met 4-1 baas.

“Die seuns het ‘n goeie wedstrydplan gehad en deurgaans die toernooi koersvas. Dit was ‘n toernooi van hoogstaande gehalte hokkie en die onderskeie spanne het karakter gewys,” het Nika Nel van Curro gesê.

Curro se juniors het 18 doele in totaal aangeteken en net twee afgestaan.

Keanan Mouton was sy span se topdoelskieter en is ook na afloop van die toernooi as die junior speler aangewys.

Hoërskool Rob Ferreira se seniors het in die eindstryd teen Penryn College gespeel en laasgenoemde het met 1-0 gewen.

Die dogters se sewestoernooi word later vanjaar beslis.

Uitslae
Seniors
Rob 3 vs. LHS 1
Penryn College 1 vs. Curro 0
Curro 3 vs. LHS 2
Rob 5 vs. Penryn 1
Rob 2 vs. Curro 1
Penryn 3 vs. LHS 1

Vir plekke drie en vier
Curro 3 vs. LHS 3

Eindstryd
Penryn 1 Rob vs. Ferreria 0

Juniors
Curro 3 vs. Penryn 0
LHS 1 vs. Rob 0
Curro 2 vs. LHS 0
Rob 3 vs. Penryn 0
LHS 2 vs. Penryn 1
Curro 3 vs. Rob 1

Vir plekke drie en vier
Rob 3 vs. Penryn 0

Eindstryd
Curro 4 vs. LHS 1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button