Ben Schultz skryf:
Laat Sondagmiddag het 'n vriendin van my dogter 'n groot probleem teëgekom.
Sy was saam met kinders, insluitende my kleindogter, onderweg op die Kaapsehoop-pad. Verby Nou’s Toeka het die buiteband van ‘n trok van die bakkie voor hulle afgeval, en reg voor hul motor in die pad beland.
Sy het probeer uitswaai, maar het die buiteband met haar Ford Focus getref.
Die kar se voor- en onderkante is erg beskadig, en uiteraard was daar pandemonium in die kar. Hulle het tog veilig, dog erg geskok, tot stilstand gekom.
‘n Ander bakkie wat agter die Ford gery het, het ook die buiteband getref en is die bosse langs die pad in, ook met groot skade aan die voertuig.
Om alles te kroon, het die bestuurder van die voorste bakkie teruggedraai om vir die buiteband wat afgeval het, te soek. Hy het geen hulp aangebied of gepraat nie en net rondgeloop en soek. Toe hy dit nie kon opspoor nie, het hy doodluiters
weggery. Later is die band wel deur een van my dogter se vriende
opgespoor.
Die twee voertuie staan by die insleepdiens se perseel, daar is
groot herstelkoste verbonde en ons bejeen die saak as poging tot moord of
manslag. Dit is reeds by die polisie aangemeld.
Enigiemand met meer inligting wat reg wil sien geskied kan my by 082-735-8621 kontak.