Tempo-wenners byna almal by Innibos te sien!
Die Huisgenoot Tempo-toekennings het vroeër die week plaasgevind, en amper al die wenners gaan by Innibos wees!

Die glansryke Huisgenoot Tempo-toekennings het Dinsdag 3 Junie plaasgevind. Duidelik dink die publiek en Innibos baie dieselfde , want met enkele uitsonderings is elke liewe Tempo-wenner vanjaar by Innibos te sien!
Nuweling van die jaar
Joshua na die Reën – By Innibos is Joshua na die Reën elke dag vanaf 2 tot 5 Julie sien op die die KMI Airport verhoog in die Kunspark op die Innibos feesterrein!
Kontemporêre album van die jaar
Elvis Blue – Afrikaans – Sien vir Elvis op Donderdag 3 Julie in die Coca-Cola Konsert op die Standard Bank verhoog op die Innibos feesterrein!
Pop-/sokkiedansalbum van die jaar
Jay – #DisHoeOnsRol – Jay is Vrydagaand deel van die opwindende KykNET Konsert op die Standard Bank-verhoog op die Innibos feesterrein!
Musiekvideo van die jaar
Karlien van Jaarsveld – Hande – Sien Karlien op Woensdagaand in die Huisgenoot Afskopkonsert.. Sy tree op saam met Snotkop, Pieter Koen (ook ‘n Tempo wenner) Robbie Wessels, Gerhard Steyn en Dr Victor!
Liedjie van die jaar
Bobby van Jaarsveld – Totaal Finaal (geskryf deur Bobby van Jaarsveld, Johan Vorster en André Odendaal) – Bobby is deel van die KykNET Konsert wat op Vrydagaand op die Standard Bank–verhoog plaasvind. Hy tree op saam met Kurt Darren, Lianie May, Jay Nádine en DJ Ossewa! Maak seker jy is daar!
TV-aanbieder van die jaar
Pieter Koen – Jukebox- Pieter tree Woensdagaand in die Huisgenoot Afskopkonsert open is ook die MC van hierdie vertoning!
Afrikaanse rolprent van die jaar
Pad na jou Hart – Pad na jou Hart word op Saterdag 5 Julie gratis by die KykNET Bosbioskoop op die Innibos feesterrein vertoon.
Akteur van die jaar: Rolprent, Drama, Sitkom
Ivan Botha – Pad na jou Hart
Aktrise van die jaar: Rolprent, Drama, Sitkom
Donnalee Roberts – Pad na jou Hart
Sepie-akteur van die jaar
Theodore Jantjies – 7de Laan – Theodore is een van die jong manne wat lyf wys in die skreeusnaakse klug “Boeing Boeing” wat vanaf 2 tot 5 Julie by Innibos op die planke is!
Sepie-aktrise van die jaar
Annelisa Weiland – 7de Laan- Annelisa speel die hoofrol in die Innibos opdragproduksie, 4 000 myl, waarin sy teenoor o.a. Viljé Maritz speel. Die stuk staan onder regie van hennie van greunen en debuteer op 1 Julie by Innibos.
Sepie van die jaar
Binnelanders- Verskeie van die sepie superhelde van Binnelanders gaan elke feesdag by Innibos deel wees van die Huletts koeksister-kompetisie in die KykNEt Kuiertent op die feesterrein!
Radio-aanbieder van die jaar
Rian van Heerden – Jacaranda FM- Jacaranda FM is een van Innibos se hoofborge, en Rian sal beslis by vanjaar se fees wees om in al die opwinding te deel!
Topverkoper-CD van die jaar
Karlien van Jaarsveld – Uitklophou- Maak seker jy kom kyk na Karlien op die Woensdag-aand Huisgenoot Afskopkonsert by Innibos!
Topverkoper-DVD van die jaar
Die Heuwels Fantasties – Live op Paul Cluver – Die Heuwels Fantasties tree nie net by die Coca-Cola Rockverhoog op op Saterdag 5 Julie nie – hulle is ook deel van Innibos se skouspelagtige JacarandaFM–konsert op die Standard Bank hoofverhoog waarin 18 van Suid Afrika se top sterreoptree.. Steve Juanita, Riana, Laurika en Bok is o.a. ook deel van hierdie ongelooflike vertoning! Moet dit nie misloop nie!
Afrikaanse erfenislater
Sandra Prinsloo- Sandra is vanaf Woensdag 2 Julie tot Saterdag 5 Julie by Innibos te sien in die drama “Vir Ewig en Altyd” waarin sy teenoor Marius Weyers speel.!

