Hond glo nou by eienaar se huis
Intussen het die Witrivier SPCA bevestig dat hulle ondersoek gaan instel na die welstand van die diere by die winkel.

LYDENBURG – “Hy steek die hond weg.” ‘n Ingeligte bron het onlangs vir die koerant laat weet dat dié uitgeteerde Boerboel-hond wat opslae gemaak het toe foto’s op facebook geplaas is, nie meer by die troeteldier winkel is nie.
Volgens die bron is die hond verwyder van die winkel en is die dier nou glo by die eienaar, mnr Richard Parkins te huis.
Die Steelburger/Lydenburg Nuus het met Parkinson in verbinding getree rakende die toestand van die hond. Die koerant het verskeie vra aan hom gestuur om hom die geleentheid te bied om sy saak te stel. Parkinson het bevestig dat hy sy kommentaar sal lewer.
Intussen het die Witrivier SPCA bevestig dat hulle ondersoek gaan instel na die welstand van die diere by die winkel.
Steelburger/Lydenburg Nuus sal lesers op hoogte hou rakende die gebeure.
