FeaturesInnibos NuusLifestyle

Kykgoed vir jongspan by die kindervenue

Apies Innibos bied elke dag 'n program aan waar die kleingoed met poppekas, vermaak en musiek besig gehou word.

MBOMBELA – Die Innibos-program maak ook voorsiening vir die jong feesgangers met ‘n puik kinderteater-aanbieding asook ‘n gratis kindervenue op die feesterrein. Apies Innibos bied elke dag ‘n program aan waar die kleingoed met poppekas, vermaak en musiek besig gehou word.

Grompie en Bolla, Tjiff en Tjaff en Zippy die towernar is onder andere hier deel van die aksie. Daar is ook ‘n spesiale oppasdiens vir kleingoed beskikbaar. Liewe Heksie, met Margit Meyer Rödenbeck in die naamrol, hou by Innibos haar verjaarsdagpartytjie in die produksie Liewe Heksie en die Rolskaatse.

Babalela en sy maats Wrrrumpie, Meerboskat, PotiFant, Knortand en die Fripperwakkies voer ‘n stryd met die reuse-stootskaraper wat die bos ingevaar het, en die geliefde karaktertjie Bennie Boekwurm is ook by die fees om vir die Inniboskindertjies ‘n storie te vertel. Pumpkin Patch, a Musical is spesiaal vir die Engelse maatjies gereël. Kaartjies vir hierdie produksies is by Computicket beskikbaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button