‘n Tuin propvol vermaak
Dit bied die geleentheid om lekker te sit en kuier, ontspan, heerlike kos te geniet en na jou gunsteling kunstenaar te luister.

MBOMBELA – Wat kan beter wees as om ‘n vertoning deur jou gunstelingkunstenaars te geniet, terwyl jy smul aan ‘n stukkie ware Suid-Afrikaanse tradisie by vanjaar se Innibos Nasionale Kunstefees?
Hierdie vorm deel van talle eerstes by vanjaar se fees genaamd Kaptein Kuiertuin, in samewerking met Captain Morgan en Hit Factory Records.
Dit bied die geleentheid om lekker te sit en kuier, ontspan, heerlike kos te geniet en na jou gunstelingkunstenaar te luister. Terwyl jy aan al die lekkernye smul, sal bekendes soos BlackByrd, Wynand en Chereé, Dewald Wasserfall, Pieter Koen en vele meer sorg vir vermaak op die Hit Factory Records-verhoog.
Die vermaak vind plaas vanaf 12:00 op 2 en 3 Julie en sal 11:30 op 4 en 5 Julie afskop. Saans vanaf 18:00 wanneer die groot konserte op die hoofverhoog aangebied word, word daar ‘n grootskerm in hierdie tuin laat sak waar dié vertonings geniet kan word.
Navrae: Innibos se kantore by
013-741-5294 of besoek hul webtuiste by www.innibos.co.za vir al die programme ter beplanning van jou feesweek.

