Moenie die drama misloop nie
Beauty Queen het by die Suidoosterfees sowel as by die KKNK baie reaksie uitgelok.

Toneel: drama
Naam van produksie: Beauty Queen
Met Marga van Rooy, Hanli Rolfes, Duncan Johnson en Denver Vraagom
Teks: Martin McDonagh
Verwerk en vertaal: Hugo Taljaard
Beligtingsontwerk: Izak Furstenberg
Regie en klankontwerp: Henry Mylne
Vervaardiger: Henry Mylne Produksies
Gradering: Geen 0/14 (T S)
Datum en tyd: Wo 2 Julie 20:00, Do 3 Julie 09:00, Vr 4 Julie 14:00 en Sa 5 Julie 19:00
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 90 minute
Prys:R112
’n Suidoosterfees-produksie
Twee broers beland in die spervuur tussen ’n manipulerende ma en haar veertigjarige dogter se laaste kans op ’n liefdesverhouding. Elke keer as jy midde-in ’n lagbui dink jy het ’n greep op die gegewe, gooi die dramaturg jou met ’n kurwe vol verrassings en afgryse.
Hierdie produksie het by die Suidoosterfees sowel as by die KKNK baie reaksie uitgelok. Marina Griebenow skryf in Krit: Onder die snaaksigheid skuil baie waarhede. Hoewel komies, is daar insidente wat skok. Jy lag terwyl jy na jou asem snak. Dit was genoeglik om in ’n stampvol saal te sit waar die akteurs aan die einde staande toegejuig word.
Beauty Queen wen vier Tony’s, the Critic’s Circle, Drama Desk en Evening Standard-pryse. Henry Mylne wen die Suidoosterfees se Skouerklop-toekenning vir Beauty Queen in 2014.
