FeaturesInnibos NuusLifestyle

Sappi Boeke-Crawl

Hierdie produksie is elke jaar binne 20 minute na die kaartjies geopen het, uitverkoop. Beraam slim planne om van dié kaartjies in die hande te kry.

Met Zanne Stapelberg, Frans van Rensburg, Koos van der Merwe, Fanie Viljoen, Wouter de Witt, Ben Kruger en Pieter Smith.

Datum en tyd: Do 3 Julie om 14:00, 16:00 en 18:00

Plek: Kaapsehoop

Tydsduur: 240 minute

Gradering: Volwassenes

Kaartjieprys: R302 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)

Busse vertrek vanaf die Innibos Feesterrein, Hek 2 (sportterrein-ingang).

Wyn geborg deur Van Loveren.

Produksie geborg deur Sappi en ondersteun deur Silver Mist Country Inn, Bohemian Groove Café en Van Loveren-wyne.

’n Innibos-produksie

Met letters, woorde, sinne, verse, gedigte, prosa, verhale en musiek is die SAPPI boeke-crawl ’n eiesoortige en unieke woordreis. ’n Belewenis wat jy nie moet misloop nie.

Die boeke-crawl is vanjaar by die geskiedkundige dorpie Kaapsehoop – sowat 35km vanaf Nelspruit.

Vier verskillende venues by Kaapsehoop maak deel uit van die crawl. Ligte eet- en drinkgoed is op die spyskaart om die ergste koue en honger te besweer.

Silver Mist Country Inn is die eerste stopplek. Hier gaan bekende jeugskrywer Fanie Viljoen van sy gedigte en verhale voorlees terwyl die talentvolle spotprentkunstenaar, Wouter de Witt, dit visueel uitbeeld.

In die Kapel gaan die flambojante Zanne Stapelberg haar veelsydigheid wys wanneer sy getoonsette gedigte van Philip de Vos sing, terwyl woordkunstenaar Frans van Rensburg aan hierdie digter se verskuns stem gee.

Koos van der Merwe is ‘n bekroonde woordkunstenaar, liedskrywer, digter en rubriekskrywer vir Sarie. Hy gaan van sy gedigte voorlees, die stories daaragter vertel en dit met ’n paar liedjies verweef. Hierdie genot vind by Silvermist Waenhuis plaas.

Spookstories gallop saam met die wilde perde deur die strate van Kaapsehoop. By Bohemian Groove Café gaan Ben Kruger en Pieter Smith jou hare laat rys met hul vertolking van eg Suid-Afrikaanse spookstories.

Hierdie produksie is elke jaar binne 20 minute na die kaartjies geopen het, uitverkoop. Beraam slim planne om van dié kaartjies in die hande te kry.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button