FeaturesInnibos NuusLifestyle

Jakaranda FM trots om deel van Innibos te wees

Een ding is egter gewaarborg - ’n baie lekker tyd!

Wanneer Suid-Afrikaners, lekker live musiek, ’n paar tente, vars lug en die bosveld bymekaargooi, is enigiets moontlik. Een ding is egter gewaarborg – ’n baie lekker tyd! Getrou aan die sukses van vorige jare, beloof hierdie jaar se Innibos Kunstefees om groter as ooit te wees en Jacaranda FM is trots om die fees weer eens te borg.

Tydens ’n onlangse besoek aan Mpumalanga het Rian van Heerden van die Complimentary Breakfast-show Nelspruit beskryf as Jacaranda FM se tweede tuiste en Frankie du Toit het aangekondig dat hy nie meer kan wag vir Innibos 2014 nie. Hierdie gevoel word deur die hele span gedeel en dus kan ondersteuners hulle regmaak vir die opwindendste en onvergeetlikste fees nóg. Kom ontmoet jou gunsteling- Jacaranda FM-omroeper en kom braai en drink iets saam met hulle en die 100 000 ander feesgangers.

Rian van Heerden het die aap so ’n bietjie uit die mou gelaat oor wat hierdie jaar verwag kan word: “Innibos gee ons ’n kans om te ontspan en ’n massiewe partytjie in die bos te hou met goeie musiek wat die nuutste kunstenaars en tendense ten toon stel. Kom deel in die ware Jacaranda FM-ervaring met ons konsert op Saterdagaand.”

Innibos vind plaas van 2-5 Julie, so kry sommer nou jou kaartjies en kom ontmoet die span en meer as 300 van Suid-Afrika se kunstenaars wat by die fees gaan optree.

Innibos is alles moontlik danksy Jacaranda FM.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button