Kuns lewe danksy skadu’s en sand
Elke vertoning skets 'n unieke toneel en vorm saam 'n geheel. Dit word aanbeveel dat jy na al vier verskillende vertonings kyk
Ervaar die menslike lewe op ‘n heel ander manier met sand-animasie, skaduteater en akoestiese kitaar.
‘n Verbeeldingryke multimedia-produksie wat jou sal meevoer en jou emosies omdolwe. Vier Fragmente dui op die verskillende maniere om die menslike situasie te verstaan. Dis is ‘n produksie deur Naomi van Niekerk en Arnaud van Vliet wat daagliks in die skool se personeelkamer, reg agter die KMIA-verhoog plaasvind.
Die verskeie elemente word saamgespan om ‘n ongelooflike ervaring te bied. Gaan kyk hoe dit voor jou oë in die donker gebeur. Die sand-animasie volg jy op ‘n skerm en dit is soos visuele goëlkuns. Daar word verskillende temas aangespreek soos die liefde, eensaamheid, verlange en die broosheid van die menslike bestaan. Hierdie kort vertonings van ongeveer 10 minute vind vanaf 13:00 tot 16:00 op die uur plaas.
Elke vertoning skets ‘n unieke toneel en vorm saam ‘n geheel. Dit word aanbeveel dat jy na al vier verskillende vertonings kyk
Dryfsand Produksies is die vervaardiger. Sand-animasie, skadukuns en mimiek: Naomi van Niekerk. Oorspronklike musiek gekomponeer en uitgevoer deur Arnaud van Vliet.
