Innibos se jaarlikse gholfdag
Daar is heerlike pryse om te wen en alle gholfspelers kry ook ’n gratis toegangskaartjie as hulle ná die prysuitdeling verder by die Innibos feesterrein wil gaan kuier.

Die jaarlikse Innibos gholfdag word op Vrydag 4 Julie by die Nelspruit Gholfklub op die Matumi gholflandgoed aangebied. Hierdie geleentheid word jaarliks goed ondersteun deur entoesiastiese gholfspelers. Daar is gewoonlik ’n aantal kunstenaars wat saamspeel, daar is heerlike pryse om te wen en alle gholfspelers kry ook ’n gratis toegangskaartjie as hulle ná die prysuitdeling verder by die Innibos feesterrein wil gaan kuier. Enige winste wat uit die gholfdag genereer word, word geskenk aan ’n verdienstelike student wat graag in die kunste wil studeer.
Datum: 4 Julie 2014
Tyd: 07:00 – 18:00
Venue: Nelspruit Gholfklub (Matumi)
Kompetisie: 4 Bal Aliansie-formaat
Koste: R 240.00 p.p.
Besprekings – Nelspruit Gholfklub – 013-744 0958
Navrae: Martie Ferreira (Pam Golding tel 013 754 2300 of selfoonnommer 082 932 0664 en eposadres: nelspruit@pamgolding.co.za)
