FeaturesInnibos NuusLifestyle

Maak gebruik van dié gratis diens

Om hierdie toenemende probleem van veilige en wettige parkeerplekke aan te spreek, het die feesbestuur besluit om ’n gratis stop-en-hop-diens in te stel.

MBOMBELA – Innibos vier vanjaar sy 11de bestaansjaar en sedert sy eerste feesviering in 2003, waar slegs 25 000 mense was, het daar verlede jaar 100 000 mense die fees bygewoon. Hierdie aansienlike groei in getalle is uitstekend vir die fees, maar met parkeerplek veroorsaak dit chaos.

Om hierdie toenemende probleem van veilige en wettige parkeerplekke aan te spreek, het die feesbestuur besluit om ’n gratis stop-en-hop-diens in te stel. Dit is sedert 2013 geïmplementeer en is met baie waardering deur feesgangers begroet.
’n Bussie van Shuttle Direct verskaf ritte tussen I’langa Mall en die feesterrein elke 30 minute. Weens die groot sukses is daar besluit om dit vanjaar tot Riverside Mall uit te brei. Feesgangers kan gratis by hierdie winkelsentrums parkeer en elke 30 minute sal daar ’n bus wees wat na die feesterrein vertrek. Daar is rigtingbordjies wat by die winkelsentrums aangebring is om hiermee te help.

Feesgangers word by hek 3 van die feesterrein op- en afgelaai. Die stop-en-hop-diens van Innibos was verlede jaar ’n treffer en feesgangers word aangemoedig om van hierdie gratis diens gebruik te maak.Vermy die onnodige verkeersknope en lang soektogte na parkeerplek. Los jou motor by die I’langa Mall of Riverside Inkopiesentrum en geniet dié gratis diens wat Innibos verskaf om ’n feestelike ervaring te waarborg.
Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Vir meer inligting oor die fees, besoek gerus www.innibos.co.za of skakel die feeskantoor by 013-741-5294.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button