FeaturesInnibos NuusLifestyle

Moenie uitmis op hierdie juwele Innibos nie

Hier is 'n paar unieke en uitstekende produksies waarvoor kaartjies nog beskikbaar is.

Sommige produksies is uiteraard meer gewild onder feesgangers as ander, maar Innibos kan altyd vertrou word om iets vir elke smaak aan te bied. Die vraag na kaartjies kan organiseerders ook soms noop om ekstra vertonings te reël. Hier is ‘n paar unieke en uitstekende produksies waarvoor kaartjies nog beskikbaar is.

Die drama Beauty Queen het al groot reaksie onder gehore by die KKNK en Suidoosterfees uitgelok. Martin McDonagh se teks oor twee broers wat in die spervuur beland tussen ‘n manipulerende ma (Marga van Rooy) en haar dogter (Hanli Rolfes) wat dink dis haar laaste kans op ‘n liefdesverhouding is vol verrassings. Dit vul die feesganger om die beurt met lag en afgryse. Ook met Duncan Johnson en Denver Vraagom. Die vertonings in die Nelspruit Stadsteater is Woensdag om 20:00, Donderdag om 09:00, Vrydag om 14:00 en Saterdag om 19:00.

Beauty queen. (800 x 364)

Zaza en die Kunstenaar word vertel deur die oë van ‘n eksentrieke reisiger (Niël Rademan) op soek na antwoorde vir die groot vrae van die lewe – wat verskuil lê in die mooiste musiek van regoor die wêreld. Dié word gesing deur Zaza (Zanne Stapelberg). Rademan ‘n hoogs aangeskrewe sanger van kabaret en klassieke musiek en Stapelberg is al vir ‘n Sama vir haar sang en saksofoon-album genomineer. Hulle het saam splinternuwe toonsettings geskryf om die bestaande klassieke en kabaretmusiek aan te vul. Elna van der Merwe tree saam op en behartig ook die musiekregie. Hulle tree Woensdag om 19:00 en Vrydag om 15:00 by Nelspruit Laerskool op.

Zanne Stapelberg en Niel Rademan (800 x 800)

Die kabaret Doep is nie dood nie word deur Jannie du Toit aan sy ou onstlape vriend Koos du Plessis opgedra. Vanjaar is 30 jaar sedert Koos Doep soos hy bekend was, se dood. Die hele stuk is Koos Doep se woorde, sy onsterflike musiek en sy treffende liedkuns. Du Toit sing en speel kitaar en Susan Mouton speel tjello in die stuk saamgestel en geregiseer deur Carl Theunissen. Die vertonings is by Bergland Laerskool Woensdag 10:00, Donderdag 14:00, Vrydag 18:00 en Saterdag 12:30.

Jannie 101 (533 x 800)

Die komedie Hol Marion! neem die kyker op ‘n haastige reis saam met die gerekende aktrise Marion Holm wat sedert 2004 die land aan die praat het met haar skreeusnaakse eenvrou-vertonings. Gevierde teaterakteur en skrywer Chris Vorster is die medeskrywer en regieseur van hierdie stuk. Die opvoerings by Emnotweni Arena is Woensdag om 10:00, Donderdag om 14:00, Vrydag om 17:00 and Saterdag om 10:00.

HOL Marion! 1 (625 x 800)

Jak de Priester is met Winterkonsert vir die eerste keer in jare weer in ‘n solo-produksie by Innibos. Begelei deur Altus Muller op klavier maak die gewilde Jak se stuk sy feesdebut. Sy terugkeer beloof ‘n ryklike aanbieding van nuwe en ou material sowel as bekende en minder bekende liedere. Hy tree Woensdag 10:00, Donderdag 14:00 en Vrydag 14:00 by Nelspruit Hoërskool se Sanlam-ouditorium op. Moet dit nie misloop nie!

Kaartjies is by die Innibos-kantore in Sonpark en Computicket beskikbaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button