Video: Duisende rand se bier het gevries, maar andersins was die eerste dag tops!
Die aantal feesgangers by vanjaar se Innibos lyk op die oog af heelwat minder as verlede jaar.

Die hekke het Woensdag om 10:00 vir die eerste dag van die 11de fees oopgemaak.Die media, bemarking en direkteur Sandra Jacobs sê die komitee is baie tevrede met hoe die dag verloop het. “Daar is min insidente wat by ons aangemeld is, behalwe vir iemand wat ‘n arm gebreek het. Daar was een of twee klank probleme by van die vertonings, maar die eerste dag het ‘n paar haakplekkies.”
Foto’s: Huisgenoot Afskop-konsert (Woensdag 2 Julie 2014)
Kliek hier om die video te kyk:
Een van die yskaste is perongeluk op -20°C inplaas van -4°C gestel en R60 000 se bier het gevries. “Volgende jaar sal ons op die oorsiglysie skryf ‘maak seker die temperatuur is reg’,” lag Jacobs. Sy wil ook feesgangers gerusstel dat daar nie ‘n tekort aan lafenisse sal wees nie.
Altesaam 11 120 toegangers het by die twee hekke hul kaartjies skandeer en 23 000 het in en uit skandeer. “Dié nuwe toestel werk fantasties. Daar was geen opeenhopings nie. Die stakings het min ivloed op feesgangers gehad. Ons moes inderhaas die kunste kornkeltoer gekanselleer het.”
Die sanger Snotkop het die Huisgenoot Afskopkonsert met ‘n groot bang begin! Vanaand is Theuns Jordaan, Arno Jordaan, Elvis Blue en nóg meer op die verhoog. Die konsert begin om 18:00. Daar is is westerse windjie wat vanaand gaan waai – maak seker jy trek lekker snoesig aan.
Feesgangers het die volgende op die sosiale netwerke gesê:
• Elmarie Jacobs – Mense moet hulle goed op pas. Iemand het my dogter se beursie uit haar handsak gevat. Sy het ‘n weekkaartjie gekoop. Haar geld en kaartjies was in die beursie.
• Lerina Schmidt – die eerste dag was baie lekker! Die musiek by die hoofverhoog was net heeltemal te hard. Ons het die hele aand in die Vodacomtent gesit en moes op mekaar skree sodat ons mekaar kon hoor. Ek wil nie weet heo die mense wat by die verhoog gesit het gevoel het nie.
• Trevor Smit – al die kenmerke van die fees is heerlik – die kos, die verversing… Die enigste probleem – dit is elke jaar baie dieselfde. Tot die kunstenaars sing dieselfde liedjies oor en oor.
