FeaturesInnibos NuusLifestyle

Jy moet besluit vir watter span jy skree, tjoppa!

Meer oor Damduikers!

In Damduikers, het Fanny en Double Clutch ‘n moerse probleem. Dis WP teen die Blou Bulle en hulle moet die Curriebeker-finaal kyk om eens en vir altyd seker te maak wie se span is die beste.

Net een probleem. Ja, hulle is by Loftus, en die game is aan die gang. Maar, hulle is in die selle toegesluit na ‘n onderonsie oor iemand anders se bier en ‘n paar vuishoue.

Die skare se gejuig is ‘n nare herhinnering van hoe naby hulle gekom het, maar die duo sal hulle nie so maklik laat onderkry nie.

Na aanleiding van die gehoor se reaksie, kan meer as een feesganger aanklank by die twee se manewales vind.

Hulle verteenwoording wel moontlik die anderkant-van-die-treinspoor van jou deursnit Suid-Afrikaner, maar spyt, liefde en vriendskap is iets waarmee almal kan vereenselwig.

As Francois Jacobs en Adriaan van As se manewales nog steeds nie vir jou aantreklik klink nie, gaan net om meer te leer van tortelboudjies, stripper moves en Victor Hatfield. Komaan tjoppa!

Vat ‘n veer uit die hoed van Fanny en Double Clutch, en moenie spyt wees oor ‘n verspeelde geleentheid om uit jou maag te lag die Innibos nie. Vang hulle weer by die Boma Kuierteater vandag, Vrydag en Saterdag.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button