FeaturesInnibos NuusLifestyle

Vat die pad na groot pret op ‘n Bossewa

Vermy verkeersknope en maak gebruik van die moeitevrye dienste.

Dit is baie frustrerend om, op pad na ‘n produksie waarna jy al maande lank uitsien, in die verkeer vas te sit. Om van die feesterrein tot by jou vertoning te kom, hoef glad nie ‘n probleem te wees nie. Met die komplimente van Innibos se pendeldiens-borg, TRAC N4, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na die feesterein en ook na al die verskillende produksie-venues. Die Bossewaens is spesiale wildbesigtigingsvoertuie wat feesgangers in unieke styl vanaf die feesterrein na enige van die sale of venues waar produksies aangebied word, neem.

Dié diens is nou reeds ‘n instelling by die fees en feesgangers wat in die verlede daarvan gebruik gemaak het, sal kan getuig dat verkeersknope en parkeerprobleme heeltemal uitgeskakel word as jy met die Bossewa na jou bespreekte Innibos-produksie pendel.

Daar is een sentrale optel- en aflaaipunt by die feesterrein, Bossewaplein, wat geleë is op die parkeerterrein by Hek 1. Kaartjies is net R20 per rit. Die Bossewaens vertrek 30 minute voor ‘n vertoning vanaf Bossewaplein na die venue. Ongeveer 20 minute na elke vertoning is die Bossewa weer daar om feesgangers terug na die feesterrein te neem.’n Bussie van Shuttle Direct verskaf ook elke halfuur ritte tussen I’langa Mall en die Innibos-feesterrein.

Weens die groot sukses hiervan is daar besluit om dit vanjaar na Riverside Mall uit te brei. Feesgangers kan gratis by hierdie winkelsentrums parkeer en elke halfuur sal daar ‘n wa wees wat na die feesterrein sal vertrek. Daar is rigtingbordjies by die winkelsentrums aangebring om hiermee te help.

Feesgangers word by Hek 3 van die feesterrein op- en afgelaai. Die Innibos stop en hop was verlede jaar ‘n groot sukses en feesgangers word aangemoedig om van hierdie gratis diens gebruik maak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button