FeaturesInnibos NuusLifestyle

So soet soos Heuning!

Dié kontemporêre Afrikaanse country-sangers is 2013 se Ghoema-wenners vir die beste Country-album en kuier vir die tweede agtereenvolgende jaar by Innibos. 

Jeanette van Staden (31) en Henk Dercksen (21) het Woensdag by die KMIA-verhoog opgetree en die gehoor ‘n voorsmakie van hul splinternuwe album waaraan hulle tans werk gegee. “Ons is besig om aan ons nuwe CD te werk en ons is baie opgewonde daaroor. Dit bevat snitte soos Drome en Heuningbekkie.”

Jeanette woon in Pretoria waar sy sanglesse by Laerskool Menlopark aanbied en Henk in Johannesburg waar hy deeltyds by ‘n familiebesigheid betrokke is.

Die twee was deel van ‘n oudisiegroep van meer as 300 sangers wat hul demoplaat vir die David Gresham Platemaatskappy gestuur het.

Die bestuurder, Joe Strydom het Jeanette genader om hieraan deel te neem en Henk is by ‘n talentkompetisie in Naboomspruit genader.

“Ek en ‘n paar van my pelle het by ‘n vakansieoord, Die Oog, vir die naweek gebly. Jennie het ‘n talentkompetisie aangebied en hiér het sy my raakgesien,” vertel Henk. Dié 21-jarige het rugby op skool gespeel en as hy nie ‘n sangloopbaan gevolg het nie, wou hy graag by die Britse-weermag aangesluit het.

Jeanette is nie gepla oor die ouderdomsverskil tussen hulle nie, omdat sy ‘n jonger boetie het. “Henk is baie professioneel as dit by musiek kom. Ons kom baie goed oor die weg.” Een van hul nuutste treffers, Heuningbekkie, is vir hulle baie spesiaal omdat dit die eerste liedjie is wat hulle saam aan geskryf het. “Ons is mal oor Innibos. Die fees stel ‘n standaard wat geen ander fees doen nie en ons is altyd opgewonde as ons weet die tyd kom al hoe nader!

Gaan like hulle op Facebook en volg hulle op Twitter @HeuningOfficial.

Lees die res van die Muskiet hier:

https://www.citizen.co.za/lowvelder/204509/muskiet-woensdag-2-julie-2014/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button