FeaturesInnibos NuusLifestyle

Feeskopies só meer gerieflik

Met SnapScan, 'n nuwigheid deur Standard Bank, het jy toegang tot jou beursie waar ook al jy gaan.

Daar is selde feesgangers wat kan sê dat hulle nie gebonde aan hul tegnologiese vennoot is nie – beter bekend as ‘n selfoon.

Daar is basiese toeps (apps) vir enige ding onder die son, van termometers tot treëmeters. Met SnapScan, ‘n nuwigheid deur Standard Bank, het jy toegang tot jou beursie waar ook al jy gaan. Vir die eerste keer by Innibos gee Standard Bank jou die opsie om gerieflik met ‘n slimfoon vir jou smousvraggies te betaal. Nou is “ek het nie kontant aan my nie”, nie meer ‘n verskoning nie.

Die SnapScan-toep bied ‘n veilige manier vir feesgangers om transaksies te doen en is beskikbaar vir alle slimfoon-gebruikers en alle transaksies is gratis. Jy hoef nie eens ‘n Standard Bank-kliënt te wees om dit te gebruik nie.

Deur die gebruik van ‘n QR-kode en ‘n PIN-nommer kan jy maklik en veilig produkte aankoop.

Om te registreer vir SnapScan is so maklik soos val uit ‘n boom. Al wat jy hoef te doen is om die toep af te laai by die betrokke Blackberry, Android of Apple-webtuistes, registreer jou besonderhede en kies ‘n PIN-kode.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button