Talentvolle sanger doen ‘n serenade vir die bejaardes
David gaan 'n ruimhartige donasie aan Herfsakker maak deur R10 van elk van sy CD-verkope tydens Innibos aan hulle te skenk
Die talentvolle sanger, David Fourie, het Donderdagoggend tyd uit sy besige skedule geneem om die inwoners van die SAVF Herfsakkertehuis te besoek. David, wat ook nou ‘n SAVF-ambassadeur is, het ‘n passie vir ouer mense en voel die federasie is ‘n organisasie wat regtig ‘n verskil maak.
“Ek wil mense van dié organisasie bewus maak, omdat ek voel hulle doen soms die werk wat die regering vergeet om te doen,” het David vertel. Nadat hy almal verwelkom het, het hy sommer sonder begeleiding vir die gehoor ‘n serenade gesing.
David gaan ‘n ruimhartige donasie aan Herfsakker maak deur R10 van elk van sy CD-verkope tydens Innibos aan hulle te skenk.
David sal in agt vertonings by die fees te siene wees.
