FeaturesInnibos NuusLifestyle

Casper de Vries stel unieke manier van kuns voor

Vier kunstenaars, waaronder twee wat nie ondervindig het nie, het sy goeie vriendin Sharleen Surtie-Richards saam met hom geskilder.

Kuns is Vrydagaand op ‘n unieke manier deur die talentvolle Capser de Vries voorgestel. Vier kunstenaars, waaronder twee wat nie ondervindig het nie, het sy goeie vriendin Sharleen Surtie-Richards saam met hom geskilder waar sy by Stoep op ‘n bloedrooi bank geposeer het.

Casper wat lankal sy naam as komediant gemaak het, het ‘n paar jaar gelede begin skilder en sy aanhangers aangenaam verras. Hulle het beslis ‘n ander kant van hom leer ken. Hy is veral lief om sy honde te skilder. Volgens hom is hy nou vir eers klaar met komedie en gee hy ander jong talent die kans om te blom.

Sharleen het ‘n koue drankie geniet terwyl sy en Casper gesels en geskerts. Dié twee het omtrent gesorg vir goeie vermaak. Elke skildery was uniek en mooi op sy eie manier. Casper se skilderye word steeds by Stoep-restaurant uitgestal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button