Help Huletts om SA se wen-koeksister te kroon
Kom proe Suid-Afrika se vier beste koeksisters en kies jou gunsteling in die kykNET-tent. Binnelanders-akteurs gaan ook om 15:00 'n draai by die tent maak om te leer hoe om koeksisters te maak.
Jy kan vir ‘n lid van die Vroue- Landbou-Unie (VLU) baie dinge vertel, maar van koeksisters maak, weet hulle alles. Dag een van die Huletts Koeksisterkompetisie het Woensdagmiddag in die kykNET-tent afgeskop.
Maida Miljo en Sunette Barnard van die VLU het vir Arno Greeff en Andrew White, akteurs van Binnelanders, geleer hoe om die perfekte koeksisters te maak. Vyf feesgangers het die geleentheid gehad om dié twee se koeksisters te proe en Arno was as die wenner gekroon.
Vier van die bakkers was vooraf deur Huletts se proe-paneel aangewys en versoek om elkeen 2 500 koeksisters spesiaal vir Innibos te bak. Feesgangers kry nou die kans om elke dag tussen 13:00 en 16:00 koeksisters te gaan proe in die kykNET-tent om die Hullets-koeksisterkampioen van 2014 te bekroon. Die wenner sal met R100 000 wegstap.
Moenie skaam wees nie, wees eerste in die ry om die bobaas-koeksisters te proe. Sterre van Binnelanders gaan daagliks om 15:00 vir koeksisterpret sorg
