FeaturesInnibos NuusLifestyle

Tjiff en Tjaff, hulle is sommer baie laf

Die hele groep is ook oulike danspassies en nuwe liedjies geleer.

Die twee geliefde karaktertjies, Tjiff en Tjaff, het Vrydagmiddag die jongspan met pret, lag, sing en dans vermaak. Twee kleintjies het soos gewoonlik die geleentheid gehad om die twee geliefde karakters te ontmoet en hulle het ‘n geskenkie ontvang.

Die hele groep is ook oulike danspassies en nuwe liedjies geleer. Met hul vertoning moedig hulle ook altyd die jongspan aan om altyd op te ruim en netjies te wees. Na die vertoning kon elkeen saam met Tjiff en Tjaff ‘n foto neem. Sparletta Apies Innibos bied ‘n lekker speelplek vir kinders aan. Daar is weer vandag hope pretaktiwite en vermaak van 11:00 tot 17:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button