FeaturesLifestyleProHabitat

’n Rustige tuiste is hiér vir jou beskore

Die opedag by Bateleur Landgoed wat op 18 en 19 Oktober gehou is, het alle verwagtinge oortref.

Die konsultante het behoorlik bont- gestaan om al die belangstellendes te akkommodeer. Die perfekte lenteweer het gesorg dat besoekers Bateleur op sy beste kon ervaar. Koffie en koekies op die stoep en worsbroodjies by die boma is deur personeel verskaf. ‘n Besoek aan Fase 2 se konstruksieterrein en ‘n voorsmakie van wat die toekoms inhou het baie verras.
Na die opening van Fase 2 is daar
reeds 22 erwe verkoop. Soortgelyk aan
Fase 1 bied hierdie nuwe erwe baie ruimte en privaatheid met verskeie groen areas. Wat Fase 2 egter baie uniek maak, is die verskeie bome en die besondere gevoel van rustigheid wat die natuur in hierdie area bied.
Die besondere landgoed is besig om vinnig aan te groei en reeds meer as
240 inwoners het hul aftreetuiste hier gevestig.
Navrae: Besoek Bateleur by www.bateleurlandgooed.co.za; kontak hulle by 079-155-1600 of SMS “Bateleur” na 33600.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button