Landgoed kyk terug op jaar van hoogtepunte
Die afgelope jaar was ‘n bedrywige en suksesvolle jaar vir Bateleur Landgoed.

Die vierde woonstelblok is voltooi en in Oktober is daar nuwe erwe in die boomryke Fase 2, waarvan 20 reeds verkoop is, bekendgestel.
Verder het die ontwikkelingspan hard gewerk om die finale beplanningsfase van die sorgsentrum af te handel.
Bateleur Landgoed wil graag die ongelooflike span wat by die uitbreiding en onderhoud van die landgoed betrokke is, bedank. Die verkoop- administratiewe, konstruksie- en onderhoudspersoneel lewer ‘n ongelooflike groot bydrae tot die sukses van dié ontwikkeling. Meer nog, die lojale inwoners en kliënte wat Bateleur deurlopend ondersteun. Enigiemand wat ‘n draai deur Bateleur ry sal sien dat hierdie inwoners ‘n besondere trots in hul omgewing en tuiste het.
Bateleur wens graag sy personeel, inwoners en kliënte ‘n baie geseënde Kerstyd toe. Mag u saam met u familie ‘n wonderlike feestyd hê en veilig reis.
Besoek Bateleur gerus oor die vakansietyd of kontak Bateleur by bateleurestate.co.za of 079-155-1600 of SMS “Bateleur” na 33600.
