Landgoed sien uit na belofte wat nuwe jaar inhou
Met ‘n wesenlike toename in verkope oor die afgelope twee jaar, is Bateleur Landgoed opgewonde om te sien wat 2015 gaan inhou.

Die eerste fase op Bateleur is gevestig en besig om einde se kant toe te staan. Van die 183 eenhede is daar slegs ses erwe beskikbaar waarop boupakette geplaas kan word. Buiten hierdie ses, is daar slegs ‘n beperkte aantal skoueenhede wat tans onder konstruksie is. Die bekendstelling van Fase 2 in Oktober 2014 het ook verwagtinge oortref.
Daar is reeds 21 erwe verkoop. Die dienste van Fase 2 sal na verwagting teen ongeveer einde April 2015 voltooi wees, waarna konstruksie van eenhede ‘n aanvang sal neem.
Bateleur se fokus op oop ruimtes en ‘n kwaliteitleefstyl skep die ideale aftree-omgewing. Daar is reeds meer as 240 inwoners wat Bateleur hul tuiste noem en ‘n hegte gemeenskap het reeds vorm aangeneem land gevorm. Navrae: Bateleur by 079-155-1600; www.bateleurlandgoed.co.za; of SMS “Bateleur” na 33600.
