FeaturesInterhigh 2016: NewsInterhigh newsLifestyleLocal sportSport

Top-30 heers op atletiekveld

Die top-30 atlete wat aan die afgelope kringbyeenkoms by Hoërskool Nelspruit (NHS) deelgeneem het, is aangewys.

Die o/15-diskusgooier van NHS, Stefan Smith het die eerste plek beklee na sy gooi van 48,20 meter.

Nellies se Francois Esselen (seuns o/17), Ilke Joubert (dogters o/17) en Joshua Maass (seuns o/15) het onderskeidelik die tweede tot vierde posisies behaal.

Die maatband moes lank uitgetrek word om Francois se stoot van 16,38 meter te lees. Ilke het óók beamptes langs die gewigstoot laat terugstaan met ‘n yslike gooi van 13,00 meter.

Joshua het net-net ‘n plek in die top-drie misgeloop. Hy het die spies 55,59 meter ver gegooi.

Lowveld High se staatmaker-atleet, Norbert Ponisammy, het in die vyfde plek geëindig nadat hy die 200 meter in net 22,61 sekondes kafgedraf het.

Bergvlam se Maudas Banda se persoonlike beste afstand in die verspringput is 7,33 meter.

Hy was net kort van die afstand in die sewende plek met 6,60 meter.

Ernest Mthethwa van Penryn se naam het ook onder die topprestasies van die dag gelees nadat hy 6,44 meter in die verspringput gespring het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button