Editor's note

Die mag van’ n goeie rolprent

Ek het hierdie naweek besef dat, nes joernaliste, rolprentmakers ook die mag het om persepsies te verander en waarhede te ontbloot.

Dit het als begin met die aanlyn-aankoop van vyf redelik nuwe Afrikaanse rolprente, insluitend Lien se Lankstaanskoene.

Net duisende ander Afrikaners het ek nou maar op kykNET ‘n hele paar keer ‘n advertensie oor die fliek gesien en besluit dat dit interessant lyk.

‘n Vriendin het vertel dat sy vreeslik tydens die fliek gehuil het, maar ek vat dit toe met ‘n knippie sout…

….en moes toe vinnig die houer snesies naderskuif.

“Wees altyd dankbaar. Ons is arm. Ons het hulle nodig, hulle het nie ons nodig nie,” sê ‘n bedelaar op die strate van Johannesburg aan die hoofkarakter.

En laat my soos ‘n klein kindjie snik.

Die fliek beeld so akuraat die meeste van ons se misnoeë as ons verby bedelaars ry uit. Kyk weg, draai die venster toe as dit oop was, krap in jou handsak, peuter met die radio se knoppies, snuffel in die paneelkissie totdat die verkeerslig weer groen is.

Ek dink doen dit nie noodwendig omdat ons hulle nie erken nie, maar dalk omdat hulle ons aan die hartseer sy van die lewe herinner en ons laat onthou dat daar miljoene mense is wat onder die broodlyn moet leef.

Ek is diep getref deur die storie van ‘n hoërskoolmeisie wat op strate begin bedel om vir haar en haar boetie (en soms ook haar ma) te sorg.

Dit laat my besef dat ek en baie van die mense wat ek ken ongelooflik gelukkig is. En noop my om meer gereeld ‘n R10 in ‘n karwag se hand te stop as dit einde van die dag/week se kant toe staan. Want daardie R10 kan ten minste vir hom ‘n brood of ‘n paar koolkoppe koop en dalk is dit net wat hy nodig gehad het om vir sy gesin te sorg.

Het jy al enige soortgelyke ervarings gehad of is jy betrokke by liefdadigheid en sien wonderlike dinge elke dag gebeur? Skryf vir ons op ons facebookblad of hieronder in die kommentaarblokkie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button